Numbers 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die dae van sy skeiding mag hy niks eet wat van die wingerdboom gemaak is nie, van die pitte tot die doppe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Solank hulle nasireërs is, mag hulle niks gebruik wat van druiwe af kom nie, selfs nie eens die pitte of druiwedoppe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie. |
| Afrikaans 1983 | Die hele tydperk van sy wyding mag hy hoegenaamd niks eet wat die wingerdstok voortbring nie, selfs nie druiwepitte of -doppe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die volle tydperk van sy toewyding mag hy niks eet wat van die druiwestok verkry word nie, van pit tot skil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd terwyl hy 'n nasireër is, mag hy niks eet wat van 'n wingerdstok kom nie, ook nie die pitte of die skille nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir so lank as wat die persoon aan die Here se diens afgesonder is, mag hy of sy niks eet wat van ’n wingerd af kom nie, nie eers die pitte of die doppe van die druiwe nie. |