Numbers 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy mag hom van wyn en sterk drank afskei en geen wynasyn of sterk drankasyn drink nie, en geen druiwe drank drink nie en geen klam druiwe of gedroogde druiwe eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 mag die persoon nie sterk drank, of asyn wat van wyn gemaak is, of gefermenteerde druiwesap, of vars druiwe of rosyntjies eet nie.
Afrikaans 1933/1953 moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
Afrikaans 1983 moet hy hom weerhou van wyn en bier. Hy mag geen druiwe-asyn of ander asyn drink nie, geen druiwesap nie en ook nie druiwe of rosyntjies eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet hy hom van wyn en sterk drank weerhou. Druiweasyn en asyn van sterk drank mag so iemand nie drink nie. Geen druiwesap mag hy drink nie, en druiwe, vars of droog, mag hy nie eet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan mag hy nie wyn of sterk drank drink nie. Hy mag nie wyn of asyn of sterk drank drink nie. Hy mag ook nie druiwesap drink nie en hy mag nie druiwe eet nie, nie vars druiwe of rosyne nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet so ’n persoon dadelik ophou om wyn of bier te drink. Hulle mag ook nie asyn gebruik wat van wyn gemaak is of enige ander gegiste drank of selfs vars druiwesap nie. Hulle mag ook nie druiwe of rosyntjies eet nie.