Numbers 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die wet van die Nasireër wat 'n gelofte gedoen het, en van sy offer aan die HERE vir sy nasskeiding, behalwe wat sy hand sal kry: volgens die gelofte wat hy gelofte het, so moet hy doen volgens die wet van sy nasskeiding.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die voorskrifte vir iemand wat ’n nasireërgelofte aan die Here afgelê het. As die nasireër ook iets anders as die gewone gelofte vir die Here belowe het, moet hy dit ook nakom.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die HERE beloof op grond van sy nasireërskap, behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, so moet hy doen volgens die wet van sy nasireërskap.
Afrikaans 1983 “Dit is dan die voorskrif vir 'n nasireër wat met die oog op sy nasireërskap 'n offer aan die Here beloof het, afgesien van wat hy nog vrywillig wil bring. Hy moet noukeurig handel volgens die gelofte wat hy afgelê het. Dit is die voorskrif vir die nasireër.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Dit is die voorskrifte vir die nasireër wat hy, op grond van sy toewyding, as 'n offer aan die Here moet beloof, naas dit wat hy verder kan bekostig. Bo en behalwe die voorskrifte wat geld vir sy toewyding, moet hy presies handel volgens sy gelofte wat hy aflê.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat die nasireër moet doen, hy het 'n gelofte gemaak en dit is die offer wat hy moet bring omdat hy gewyd is. Hy mag ook nog ander offers bring as hy iets het om vir die Here te gee. Hy moet doen wat hy belowe het en wat die wet sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie voorskrifte moet gevolg word as die nasireër se tyd van spesiale diens aan die Here verby is. Indien ’n nasireër enigiets anders aan die Here belowe het behalwe alles wat voorgeskryf is, moet hy hierdie beloftes nakom.”