Numbers 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; dit is vir die priester heilig, met die beweegbors en die beweegskouer; en daarna mag die Nasireër wyn drink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester moet dan alles opdra aan die Here. Alles wat die priester na die Here uitgehou het, kan hy dan vir homself vat, ook die borsstuk en die boud. Daarna kan die nasireër weer wyn drink. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink. |
| Afrikaans 1983 | en dit as 'n beweegoffer aan die Here wy. Hierdie gawes is gewy en kom die priester toe, saam met die bors van die beweegoffer en die boud wat as offergawe gebring is. Daarna is die persoon vry om wyn te drink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna moet die priester dit voor die Here as simboliese offer bring. Dit is 'n heilige gawe wat die priester toekom, saam met die borsstuk, wat die gewyde gawe is, en die boud, wat die •wydingsgeskenk is. Daarna kan die nasireër wyn drink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester beweeg die skouerblad en die brood heen en weer voor die Here. Dit is 'n beweeg-offer en dit is gewy en dit behoort aan die priester, saam met die bors en die boud van die ram. Die bors is 'n beweeg-offer en die boud is 'n present. Daarna mag die nasireër wyn drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priester moet dan hierdie kos heen en weer voor die Here beweeg as ’n teken dat dit aan Hom gegee word. Hierdie gawes wat so voor die Here gebring is, behoort dan aan die priester, saam met die borsstuk en die boud van die dier, wat ook in die Here se teenwoordigheid heen en weer beweeg is. Hierna is die nasireër vry om weer wyn te drink. |