Numbers 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Wanneer óf man óf vrou hulleself afsonder om 'n gelofte van 'n Nasireër te beloof, om hulleself aan die HERE af te sonder; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete: As enige persoon, man of vrou, ’n gelofte aflê om ’n nasireër vir die Here te wees, |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 'n man of 'n vrou 'n besondere gelofte aflê, die gelofte van 'n nasireër, om hom aan die HERE te wy, |
| Afrikaans 1983 | om met die Israeliete te praat en vir hulle te sê: “Wanneer iemand, 'n man of 'n vrou, 'n besondere nasireërgelofte aflê om hom aan die Here te wy, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer 'n man of vrou 'n buitengewone gelofte aflê, die gelofte van 'n •nasireër om hulle aan die Here te wy, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet met die Israeliete praat en jy moet vir hulle sê: Wanneer 'n man of 'n vrou 'n gelofte maak om 'n nasireër te wees en om homself aan die Here te wy, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer iemand, ’n man of ’n vrou, die nasireërsbelofte aan die Here maak waarin hulle hulle verbind om Hom voltyds te dien vir ’n sekere tyd, |