Numbers 6:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die deurweekte skouer van die ram en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde koek neem en dit op die hande van die Nasireër sit, nadat die hare van sy skeiding geskeer is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan ’n gekookte blad van die ram vat, ’n broodjie uit die mandjie en ’n plaatkoekie, en dit in die handpalm van die nasireër sit wat sy hare afgeskeer het.
Afrikaans 1933/1953 Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat die sy gewyde hare afgeskeer het.
Afrikaans 1983 “Nadat die nasireër sy hare afgeskeer het, moet die priester die gekookte blad van die ram vat en dit, saam met 'n ongesuurde ringbrood uit die mandjie en 'n ongesuurde roosterkoek, op die nasireër se hande sit
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet die ram se gekookte blad neem en ook een ongesuurde ringbrood en een ongesuurde platbrood uit die mandjie haal. Hy moet dit dan op die handpalms van die nasireër sit nadat hy sy gewyde hare afgeskeer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die ete-offer gaar is, dan neem die priester die skouerblad van die ram en 'n rondebrood uit die mandjie, en 'n roosterkoek, en hy sit dit op die hande van die nasireër nadat hy sy hare afgeskeer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarna moet die priester die gekookte blad van die ram vat en dit saam met die suurdeeglose koekie en platkoekie vir die nasireër gee om in sy hande vas te hou.