Numbers 6:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet die ram as dankoffer aan die HERE bring saam met die mandjie ongesuurde brode; die priester moet ook sy spysoffer en sy drankoffer berei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die ram as vrede-offer vir die Here bring saam met die mandjie ongesuurde brode. Hy sal dan ook die maaltyd- en drankoffers bring.
Afrikaans 1933/1953 Hy moet ook die ram as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en drankoffer vir hom berei.
Afrikaans 1983 Die priester moet die ram, saam met die ongesuurde brood in die mandjie, as maaltydoffer vir die Here aanbied, en ook die nasireër se graan- en drankoffer offer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ram moet hy as maaltydoffer vir die Here bring saam met die mandjie ongesuurde brood. Die priester offer ook die persoon se graan- en drankoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy offer die ram om 'n ete-offer te wees en hy offer die koring-offers en die drank-offers wat saam met die ander offers moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) daarna die ram as eteoffer saam met die mandjie met al die brood wat sonder suurdeeg gebak is. Die voorgeskrewe graan- en drankoffers moet ook gebring word.