Numbers 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en 'n mandjie ongesuurde brode, fyn meelkoeke gemeng met olie, en platkoeke ongesuurde brode met olie gesalf, en hulle spysoffer en hulle drankoffers.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n mandjie vol brood wat van fynmeel en olie gemaak is sonder suurdeeg en plaatkoekies met olie gesmeer as ’n maaltydoffer, saam met die voorgeskrewe drankoffers.
Afrikaans 1933/1953 en 'n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort.
Afrikaans 1983 verder 'n mandjie ongesuurde brood van fynmeel, ringbrood met olie geknie, en ongesuurde roosterkoek met olie gesmeer, met die bybehorende graanoffer en drankoffers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) asook 'n mandjie met ongesuurde brood van gesifte meel, ringbrode, klam gemaak met olyfolie, en platbrode, gesmeer met olyfolie, met die bypassende •graan- en •drankoffers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ook 'n mandjie ongesuurde brood wat hulle gemaak het van die beste meel, rondebrood en roosterkoek. Hy moet die rondebrood se deeg meng met olyf-olie en hy moet olyf-olie smeer aan die roosterkoek. Hy bring ook die koring-offers en die drank-offers wat saam met die ander offers moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder moet hy ook ’n mandjie met brood saamvat wat nie met suurdeeg gebak is nie; koekies van fynmeel wat sonder suurdeeg gebak is en met olyfolie aangemaak is, asook platkoek sonder suurdeeg wat met olie gesmeer is. Die graanoffer en drankoffer wat deel van hierdie offer uitmaak, moet ook geoffer word.