Numbers 6:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet aan die HERE die dae van sy naskeiding toewy en 'n jaaroud lam as skuldoffer bring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vorige tyd van sy nasireërgelofte val dan weg omdat sy nasireërskap besoedel is. Hy moet die tyd van sy nasireërbelofte aan die Here hernu. Hy moet ’n jaaroud rammetjie as ’n skuldoffer vir God bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE wy en 'n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet hom opnuut as nasireër aan die Here wy en 'n jaaroud lam as skuldoffer bring. Die vorige dae moet nie gereken word nie, omdat hy sy nasireërskap verontreinig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die tydperk van sy toewyding opnuut aan die Here opdra. Hy moet 'n jaaroud ramlam as •hersteloffer na die priester bring. Die aanvanklike tydperk verval omdat sy toewyding •onrein geword het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet homself weer aan die Here wy vir daardie hele tyd en hy moet 'n jaaroud ram-lam bring om 'n skuld-offer te wees. Die tyd wat verby is, beteken niks, omdat hy onrein geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moet ook weer voor die Here beloof dat hy Hom voltyds sal dien vir die hele tyd wat hy belowe het om dit te doen. Die dae wat hy onrein was, tel nie. As deel van sy belofte moet hy ook ’n jaaroud lam as ’n offer vir die Here bring om sy skuld te bely. |