Numbers 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei en vir hom versoening doen omdat hy deur die dooies gesondig het, en op dieselfde dag moet hy sy hoof heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal een as ’n sonde-offer bring en die ander as ’n brandoffer. Die priester sal dan versoening bewerkstellig vir die skuld wat die lyk oor die nasireër gebring het. Op daardie dag sal die persoon sy hare opnuut aan die Here wy.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy uit oorsaak van die dooie gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag heilig.
Afrikaans 1983 Die priester moet dan een duif as 'n sondeoffer en die ander as 'n brandoffer voorberei, en daarmee vir die nasireër versoening doen vir die oortreding wat hy onbewus begaan het deur aan die lyk te raak. Op dieselfde dag moet hy begin om sy hare te laat groei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet die een as 'n •reinigingsoffer en die ander as 'n •brandoffer bring en so vir hom versoening doen vir die oortreding weens die dooie. Daardie dag nog moet hy sy hare heilig
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet een duif offer om 'n sonde-offer te wees en die ander duif moet hy offer om 'n brand-offer te wees. Die priester moet versoening doen vir die persoon, want hy was naby 'n lyk en hy moet daardie dag weer gewy word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priester moet dan die een duif gebruik om vir sy sonde ’n offer aan God te bring en die ander een vir ’n brandoffer. So vra die nasireër om vergifnis voor God vir die fout wat hy onbewustelik gemaak het deur in die teenwoordigheid van ’n dooie te wees. Op dieselfde dag moet hy homself aan die Here se diens toewy deur sy hare en baard te laat groei.