Numbers 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke offergawe van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan die priester bring, moet syne wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Alles wat die Israeliete as ’n offer vir God na die priester toe bring, sal aan die priester behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees. |
| Afrikaans 1983 | “Die offergawes wat die Israeliete na die priester toe bring vir die diens van die Here, behoort aan die priester. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Enige •wydingsgeskenk uit al die •heilige gawes van die Israeliete wat hulle na die priester bring, sal syne wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer die Israeliete gewyde presente gee om offers te wees, dan moet die priester daarvan kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Al die offers wat die Israeliete na die priester toe bring vir die diens aan die Here, behoort aan die priester. Dit dien as sy inkomste waarvan hy moet leef. |