Numbers 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as die man geen bloedverwant het om die oortreding te vergelde nie, laat die oortreding vergeld word aan die HERE, ja, die priester; by die ram van die versoening, waardeur vir hom versoening gedoen sal word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Indien die benadeelde persoon reeds dood is en daar is nie ander familie vir wie dit gegee kan word nie, behoort dit aan die Here. Dit moet vir die priester gegee word saam met ’n ram wat geslag kan word sodat die oortreder se sonde vergewe kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen. |
| Afrikaans 1983 | As die benadeelde na sy dood geen familielid het aan wie die skuld betaal kan word nie, kom die bedrag die Here toe en moet dit aan 'n priester gegee word. Afgesien hiervan moet die skuldige nog die ram voorsien waarmee die priester vir die skuldige versoening moet doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand egter geen naaste familielid het aan wie die skuld vergoed kan word nie, val die verskuldigde bedrag terug aan die Here. Dit is tot voordeel van die priester, bo en behalwe die ram vir versoening waarmee die priester vir die persoon versoening moet doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die persoon aan wie hy verkeerd gedoen het, gesterf het, en daar is ook nie iemand wat familie is aan wie hy die boete kan betaal nie, dan moet hy die geld vir die Here gee, en die priester moet dit kry. Maar die persoon wat verkeerd gedoen het, moet ook nog 'n skaap-ram gee. Die skaap-ram moet die offer wees waarmee die priester versoening moet doen vir die persoon.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die persoon wat skade gely het, reeds dood is en nie ander familie het aan wie die skuld betaal kan word nie, behoort die geld aan die Here. Hierdie bedrag moet saam met die ram, wat geoffer moet word as bewys dat die skuldige jammer is oor sy sondes, aan die priester gegee word. |