Numbers 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet hulle hul sonde bely wat hulle gedoen het; en hy moet sy oortreding vergelde met die hoof daarvan, en die vyfde deel daarvan byvoeg en dit gee aan hom teen wie hy oortree het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet hulle oortreding bely. Hulle moet die persoon vergoed vir wat hulle aan hom gedoen het en twintig persent bysit wanneer hulle hom vergoed. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan die een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | en moet hy sy sonde bely. Hy moet die volle bedrag van die skade plus 'n vyfde daarvan teruggee aan die persoon wat hy benadeel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet hulle sonde wat hulle gedoen het, bely. Die persoon moet ten volle vergoeding gee vir wat hy verkeerd gedoen het en 'n vyfde daarvan byvoeg. Hy moet dit gee aan wie hy ook al benadeel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet sy sonde bely wat hy gedoen het en hy moet boete betaal omdat hy verkeerd gedoen het. Hy moet dit gee vir die persoon aan wie hy die verkeerde ding gedoen het en hy moet een vyfde meer bysit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet die skuldige persoon sy skuld bely. Verder moet die volle bedrag vir die skade wat die onskuldige gely het, plus ’n verdere twintig persent as skadevergoeding aan daardie persoon terugbetaal word. |