Numbers 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer uitgedryf; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het so gemaak en die persone weggestuur soos die Here gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het toe so gemaak: hulle het die onreines uit die kamp uit gestuur, presies soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het toe so gemaak. Hulle het hulle uit die kamp gestuur. Net soos wat die Here vir Moses beveel het, so het die Israeliete gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het dit gedoen. Hulle het die persone wat onrein is, uit die kamp gestuur. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het toe die Here se opdrag uitgevoer en al hierdie mense uit die kamp weggestuur. |