Numbers 5:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as 'n gees van jaloersheid oor hom kom en hy jaloers is oor sy vrou en die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester sal hierdie hele wet op haar voltrek.
Afrikaans (NLV) 2011 of wanneer ’n man rede het om te vermoed dat sy vrou ontrou was aan hom. Die man moet sy vrou voor die Here bring en die priester moet volgens hierdie voorskrifte optree.
Afrikaans 1933/1953 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word -- dan moet hy die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.
Afrikaans 1983 of as 'n man agterdogtig begin raak en sy vrou verdink, moet die priester die vrou in die teenwoordigheid van die Here laat staan en met haar handel presies volgens al die bepalings van hierdie voorskrif.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of in die geval van 'n man wanneer 'n gees van wantroue hom beetpak en hy agterdog koester teenoor sy vrou. Hy moet dan die vrou in die Here se teenwoordigheid laat staan, en die priester sal met haar handel volgens hierdie hele voorskrif.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is ook die wet vir wanneer 'n man net dínk dat sy vrou ontrou was aan hom. Die priester moet die vrou voor die Here laat staan en hy moet alles met haar doen wat die wet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) of as ’n man sy vrou van ontrou verdink, moet hy haar bring sodat sy voor die altaar in die teenwoordigheid van die Here kan staan en die priester hierdie ritueel kan uitvoer.