Numbers 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Man sowel as vrou moet julle verdrywe; buitekant die laer moet julle hulle uitsit; dat hulle hul laers nie verontreinig in die midde waarin Ek woon nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit geld vir sowel mans as vroue. Sit hierdie mense uit die kamp uit sodat die kamp waar Ek tussen julle bly nie deur hulle besoedel word nie.”
Afrikaans 1933/1953 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.
Afrikaans 1983 Dit geld mans sowel as vrouens. Julle moet hulle buitekant die kamp uit stuur, sodat hulle nie die kamp waarin Ek onder hulle woon, verontreinig nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mans sowel as vroue, moet julle uitstuur. Na die buitekant van die kamp moet julle hulle stuur, sodat hulle nie hulle kamp, waar Ek in hulle midde woon, verontreinig nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet daardie mans en vroue wegstuur, julle moet hulle uit die kamp stuur, sodat hulle nie hulle kampe onrein laat word nie, die kampe waar Ek tussen hulle woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit geld vir sowel mans as vroue. Stuur hulle uit die kamp uit sodat hulle nie die kamp waar Ek by julle is, onrein maak nie.”