Numbers 5:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die vrou nie verontreinig word nie, maar rein is; dan sal sy vry wees en swanger word.
Afrikaans (NLV) 2011 As sy nie oortree het nie en onskuldig is, sal sy kinders hê.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Afrikaans 1983 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie en getrou was, sal haar onskuld bewys word en sal sy kinders kan kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die vrou haarself nie verontreinig het nie en sy rein is, sal sy vry wees van skuld en bevrug kan raak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die vrou haarself nie onrein gemaak het nie en sy is nog rein, dan sal die water niks aan haar doen nie, en sy sal weer kinders kan kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as sy nie ontrou was aan haar man nie, sal haar onskuld bewys word. Dan sal sy weer babas verwag.