Numbers 5:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy haar die water laat drink het, dan sal dit gebeur dat, as sy verontreinig is en haar man ontrou gedoen het, die water wat die vloek veroorsaak in haar sal ingaan en bitter word, en haar buik sal swel en haar heup verrot, en die vrou sal 'n vloek wees onder haar volk.
Afrikaans (NLV) 2011 As sy die water drink en sy het wel oortree deur aan haar man ontrou te wees, sal die water ’n vervloeking oor haar bring. Dit sal haar bitter swaar laat kry en veroorsaak dat sy ’n miskraam het. Die vrou sal ’n vervloekte in haar gemeenskap word.
Afrikaans 1933/1953 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees.
Afrikaans 1983 Die water wat hy haar laat drink, sal, as sy haar verontreinig en troubreuk teenoor haar man gepleeg het, in haar ingaan en die vloek meebring wat bittere smart sal veroorsaak, en dit sal haar buik laat opswel. Haar vrugbaarheid sal vergaan en haar mense sal haar vervloek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hy haar die water laat drink het, sal dit soos volg verloop: As sy haarself verontreinig het en 'n daad van ontrou teenoor haar man gepleeg het, sal die water van bitterheid wat die vloek bring, in haar ingaan; haar maag sal opswel en haar heup sal krimp. Die vrou sal dan dien as voorbeeld van vervloeking onder haar volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die vrou haarself onrein gemaak het en ontrou was aan haar man, en die bitter water waarmee die priester haar moet vervloek, kom in haar, dan sal sy onvrugbaar word en haar eie mense sal haar vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As sy ontrou was aan haar man, sal die water haar baie siek laat word. Haar maag sal opswel, en sy sal nie weer kinders kan hê nie. Haar mense sal haar verag en verstoot.