Numbers 5:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet 'n handvol van die offer, die gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek, en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vat ’n hand vol van die meel en verbrand dit op die altaar. Hy laat dan die vrou van die water drink.
Afrikaans 1933/1953 Die priester moet ook van die spysoffer 'n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
Afrikaans 1983 Die priester moet ook 'n handjievol van die graanoffer as simbool van haar hele offer vat en op die altaar verbrand, en daarna moet hy die vrou die res van die water laat drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet die priester 'n handvol van die graanoffer, die simboliese offer, neem, en dit op die altaar verbrand. Daarna moet hy die vrou die water laat drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan meel in sy hand neem, dit is die deel wat die Here moet kry, en hy moet die meel op die altaar verbrand. Daarna moet hy sê die vrou moet die water drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet hy ’n hand vol van die offer, wat eintlik ’n simbool vir die hele offer is, vat en dit op die altaar verbrand. Daarna moet hy die vrou die res van die water laat drink.