Numbers 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester die ywer-offer uit die hand van die vrou neem en die offer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit op die altaar berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die priester vat dan die offer wat bepaal of sy skuldig is of nie, uit die vrou se hande, hou dit uit na die Here toe en sit dit dan op die altaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring. |
| Afrikaans 1983 | Daarna moet die priester uit haar hand die offer vat wat vir die agterdog bedoel is, dit in teenwoordigheid van die Here beweeg en dit na die altaar toe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet dan die graanoffer vir agterdog uit die vrou se hand neem, dit voor die Here aanbied en dit na die altaar bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet die priester die koring-offer by die vrou neem, die offer van die man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom, en die priester moet die offer heen en weer beweeg voor die Here en hy moet dit na die altaar bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna moet die priester die offer by haar vat, dit aan die Here opdra en dit by die altaar neersit. |