Numbers 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die vrou die bitter water laat drink wat die vloek veroorsaak, en die water wat die vloek veroorsaak, sal in haar ingaan en bitter word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet die vrou laat drink van die bitter water wat die vervloeking bring. As sy skuldig is, sal die water groot swaarkry vir haar bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet die vrou van die water laat drink wat bittere smart en 'n vloek oor haar kan bring, sodat die water wat 'n vloek van bittere smart veroorsaak, in haar kan ingaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet die vrou die water van bitterheid wat die vloek bring, laat drink; dit sal in haar ingaan tot bitterheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet hy sê die vrou moet die bitter water drink, die water waarmee hy haar moet vervloek. Die bitter water waarmee hy haar moet vervloek, moet in haar ingaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet hy die vrou van die bitter water laat drink sodat dit kan uitwys of sy skuldig is of nie. |