Numbers 5:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester die vrou besweer met 'n eed van vervloeking, en die priester moet vir die vrou sê: Die HERE sal vir jou 'n vloek en 'n eed onder jou volk maak as die HERE jou heup en jou buik laat swel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | — en hy herinner haar dat sy onder eed is — ‘mag die Here dan ’n vloek oor jou bring voor jou mense deur jou onvrugbaar te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel; |
| Afrikaans 1983 | [21-22] mag die Here dan gee dat jou eie mense jou sal vervloek en verwens. Mag Hy jou vrugbaarheid laat vergaan en jou buik laat opswel. Mag hierdie water wat die vloek veroorsaak, in jou maag kom om jou buik te laat opswel en jou vrugbaarheid te laat vergaan. “Dit alles moet die priester sê vir die vrou wat staan onder 'n eed dat 'n vloek haar kan tref as sy skuldig is. Dan moet sy sê: ‘Amen, amen.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hier moet die priester dan die vrou die eed van vervloeking laat sweer deur vir haar te sê – “mag die Here jou 'n voorbeeld van vervloeking en verwensing maak onder jou volk wanneer Hy beskik dat jou heup krimp en jou maag opswel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sê ek nou hier voor die Here vir jou dat ek jou sal vervloek. Jy sal onvrugbaar word, en jou eie mense sal jou vervloek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [21-22] mag die Here dan maak dat jou eie mense jou sal haat en verwerp. Mag jy dan nooit weer kinders hê nie sodat almal kan sien dat die Here se straf op jou rus. As jy skuldig is, mag hierdie water jou vir altyd onvrugbaar maak wanneer jy dit drink. “Hierop moet die vrou die priester dan antwoord: Dit is goed so. Laat dit alles presies net so gebeur.” |