Numbers 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle elke melaatse man en elkeen wat 'n vloeiing het en elkeen wat deur die dooies verontreinig is, uit die laer wegdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete hulle moet enige persoon wat ’n aansteeklike velsiekte het, of wat ’n onreëlmatige afskeiding het, of besoedel geraak het deur aan ’n lyk te raak, uit die kamp uit wegstuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n lyk onrein is. |
| Afrikaans 1983 | “Beveel die Israeliete om elkeen uit die kamp uit te stuur wat 'n ernstige velsiekte het of aan 'n geslagsiekte ly, of wat verontreinig is deur aan 'n lyk te raak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gee die Israeliete opdrag om elkeen wat 'n velsiekte het en elkeen wat 'n afskeiding het, uit die kamp te stuur, ook elkeen wat onrein is omdat hy aan 'n lyk geraak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet elke persoon wegstuur wat melaats is, en ook elkeen wat 'n geslagsiekte het of wat onrein geword het omdat hy aan 'n lyk geraak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Beveel die Israeliete om elkeen wat ’n ernstige velsiekte het, of ’n onnatuurlike liggaamlike uitskeiding, of wat in kontak was met ’n lyk en daarom vir ’n tydperk nie aan godsdienstige aktiwiteite mag deelneem nie, uit die kamp uit te stuur. |