Numbers 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet haar met 'n eed besweer en aan die vrou sê: As niemand by jou gemeenskap gehad het nie, en as jy nie met 'n ander in die plek van jou man onrein geword het nie, wees jy vry van hierdie bitter water wat die vloek:
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester moet haar dan laat sweer en vir haar sê: ‘Mag hierdie bitter water wat vervloeking bring, niks aan jou doen as jy nie by ’n ander man geslaap het nie en nie jouself besoedel het deur ontrou aan jou man te wees nie.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie -- wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.
Afrikaans 1983 Hy moet die vrou onder eed plaas en vir haar sê: As iemand anders nie met jou gemeenskap gehad het nie en jy as getroude vrou jouself nie met 'n ander man verontreinig het nie, mag jou onskuld dan bewys word deur hierdie water wat bittere smart en 'n vloek oor jou kan bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet die priester haar onder eed plaas en vir die vrou sê: “As 'n ander man nie by jou geslaap het nie, en as jy nie in •onreinheid op 'n dwaalspoor geraak het terwyl jy onder die gesag van jou man was nie, wees dan vry van hierdie water van bitterheid wat 'n vloek bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan vir die vrou daar voor die Here vra of sy skuldig is of nie. Hy moet vir haar sê: As 'n ander man nie seks gehad het met jou nie en jy was nie ontrou aan jou man nie, en as jy jouself nie onrein gemaak het nie, dan sal hierdie bitter water niks aan jou doen nie, die water waarmee ek jou kan vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet hy die vrou vra om plegtig te beloof dat sy die waarheid praat. Hy moet dan vir haar sê: As ’n ander man nie by jou geslaap het nie en jy wat ’n getroude vrou is, nie ontrou aan jou man was nie, mag jou onskuld dan sigbaar word deur hierdie bitter water wat ’n groot straf oor jou kan bring as jy jok.