Numbers 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hoof van die vrou ontbloot en die gedenkoffer van die ywer in haar hande lê, en die priester moet die bitter water wat die vloek veroorsaak, in sy hand hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná die priester die vrou voor die Here laat kom staan het, moet hy haar hare losmaak en die offer in haar hande sit. Hy moet die bitter water in sy hand hou. Die water kan ’n vloek bring oor die een wat skuldig is.
Afrikaans 1933/1953 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit -- 'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.
Afrikaans 1983 Dan moet hy die vrou in die teenwoordigheid van die Here laat staan, haar hare losmaak en haar die voorgeskrewe offer, wat 'n offer vir die agterdog is, gee om vas te hou. Die priester moet die erdebak met water wat bittere smart en 'n vloek oor haar kan bring, self vashou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet dan die vrou in die teenwoordigheid van die Here laat staan. Hy moet haar hare losmaak en die graanoffer van herinnering op haar handpalms sit – dit is die graanoffer vir agterdog – terwyl die priester die water van bitterheid wat 'n vloek bring, in sy hand hou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die vrou daar voor die Here laat staan en hy moet haar hare losmaak. Dan moet hy die koring-offer op haar hande sit, die koring-offer wat moet wys of sy skuldig is. Die priester self moet die pot met die bitter water vashou, die water waarmee hy die vrou sal vervloek as sy skuldig is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet hy die vrou se hare losmaak waar hulle voor die Here staan. Sy moet dan die offer vashou, sodat hulle kan sien of haar man reg was of nie. Die priester moet voor haar staan. Hy moet die bak met die water vashou wat moet wys of sy skuldig is en ’n groot straf oor haar kan bring.