Numbers 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar bring, 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy mag geen olie daarop uitgooi en geen wierook daarop smeer nie; want dit is 'n offer van ywer, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
Afrikaans (NLV) 2011 In hierdie geval moet die man sy vrou na die priester toe bring saam met ’n offer van een en ’n half kilogram garsmeel om namens haar te offer. Daar mag nie olie daaroor uitgegooi word of wierook daaroor gestrooi word nie. Dit is ’n offer om te bepaal of sy skuldig is of nie.
Afrikaans 1933/1953 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit 'n spysoffer van jaloersheid is, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet die man sy vrou na die priester neem. Hy moet die vereiste offer namens haar saamneem: 'n tiende van 'n efa garsmeel. Hy mag geen olyfolie daaroor uitgiet en geen wierook daarop neersit nie, want dit is 'n •graanoffer vir agterdog, 'n graanoffer van herinnering wat aan skuld herinner.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet die man sy vrou na die priester toe bring. Hy moet 'n offer vir haar saambring, die offer moet een tiende van 'n efa garsmeel wees. Hy moenie olyf-olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook daarop sit nie, want dit is 'n koring-offer van 'n man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom. Die offer moet wys of die vrou skuldig is of nie skuldig is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***