Numbers 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet 'n skarlakenrooi doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van dasvelle toemaak en sy draaghoute insteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet dan daar bo-oor ’n rooi doek gooi en ’n stuk materiaal van gebreide bokvel bo-oor alles. Dan moet hulle die drapale weer deur die tafel se ringe steek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna moet hulle 'n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet 'n bloedrooi doek oor die offerbroodtafel gooi en dit met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daaroor moet hulle dan 'n karmosynrooi doek gooi en dit met 'n dekkleed van sagte leer toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet 'n rooi lap bo-oor gooi en alles toemaak met 'n vel-seil. Dan moet hulle die dra-houte in die ringe van die tafel sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan moet hulle ’n bloedrooi doek oorgooi en alles met ’n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die pale insit waarmee dit gedra word. |