Numbers 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die dekkleed van dasvelle daarop sit en 'n doek heeltemal van pers stof daaroor uitsprei en sy draaghoute insit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar bo-oor moet hulle ’n laag gebreide vel trek en dít weer met ’n stuk blou materiaal toemaak. Dan moet hulle weer die drapale insteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet 'n dekkleed van robbevelle daarop sit en 'n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet 'n seil van gebreide vel daaroor gooi, en dit met 'n groot blou doek toemaak. Dan moet hulle die draaghoute weer insteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet 'n sagte leerbedekking daaroor sit en 'n doek wat heeltemal pers is, daaroor gooi. Dan moet hulle die draaghoute insteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hulle 'n seil van sagte vel bo-oor die kis sit, en daarna 'n lap van blou wol-materiaal. Daarna moet hulle die dra-houte in die ringe van die kis sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bo-oor die gordyn moet hulle ’n seil van gebreide velle gooi. Dan moet hulle alles met ’n groot blou doek toemaak. Daarna moet hulle die pale waarmee die ark gedra word, op die regte plekke insteek. |