Numbers 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die laer optrek, moet Aäron en sy seuns kom, en hulle moet die deksel afneem en die ark van die Getuienis daarmee bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle kamp afslaan om verder te trek, moet Aäron en sy seuns die afskortingsgordyn kom afhaal en oor die ark van die verbond trek. |
| Afrikaans 1933/1953 | By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek. |
| Afrikaans 1983 | “Net voor die kamp versit, moet Aäron en sy seuns nader kom. “Hulle moet die voorhangsel wat as bedekking dien, afhaal en die ark waarin die getuienis is daarmee toemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die kamp opgebreek word, moet Aäron en sy seuns ingaan en die voorhangsel wat as afskorting dien, afhaal en die ark met die Getuienis daarmee bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die mense in die kamp moet weggaan, dan moet Aäron en sy seuns kom en hulle moet die gordyn voor die binneste kamer afhaal. Hulle moet die kis waarin die tien gebooie is, daarmee toemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Net voor die kamp opgebreek word, moet Aäron en sy seuns in die tabernakel ingaan en eers die voorste gordyn afhaal. Hulle moet dit dan oor die ark met die kliptafels daarin gooi. |