Numbers 4:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens die bevel van die HERE is hulle deur die hand van Moses getel, elkeen volgens sy diens en volgens sy las; so is hulle by hom getel, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die Here hom beveel het, het Moses vir elkeen afsonderlik sy werk uitgedeel en gesê waarvoor hy verantwoordelik is. Moses het elkeen getel soos die Here vir hom gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Op die bevel wat die Here deur Moses gegee het, is hulle getel en is aan elkeen sy besondere taak en verantwoordelikheid toegewys. Hulle is getel soos die Here vir Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Volgens die bevel van die Here by monde van Moses, is hulle oor hulle taak en drawerk opdragte gegee, elkeen wat Moses ingeskryf het soos die Here hom beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê hy en die ander leiers moet die Leviete tel en hulle moet vir elke familie sê watter werk die familie moet doen met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en wat elkeen moet dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos die Here Moses beveel het, is hulle getel. Elke groep het ook ’n eie taak gekry om te doen. |