Numbers 4:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens die huis van hulle vaders, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses, Aäron en die leiers van die gemeenskap het die Kehatiete volgens hulle familie- en stamgroepe getel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families; |
| Afrikaans 1983 | [34-45] Moses, Aäron en die volksleiers het die drie Levitiese families Kehat, Gerson en Merari getel. Hulle het dit gedoen volgens afstamming en familie soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het al die manlike persone van tussen dertig en vyftig jaar opgeskryf, almal wat geskik was vir diens en wat die werk in die tent van ontmoeting kon verrig. Die getalle was soos volg: Kehat twee duisend sewe honderd en vyftig, Gerson twee duisend ses honderd en dertig, Merari drie duisend twee honderd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron en die leiers van die volksvergadering het die nageslag van Kehat ingeskryf volgens hulle familiegroepe en families, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron en die leiers van die volksvergadering het die Kehat-familie getel en hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [34-48] Soos die Here beveel het, het Moses, Aäron en die leiers van die volk die drie Levitiese families, Kehat, Gerson en Merari, getel. Hulle het dit gedoen volgens al die families. Hulle het toe al die mans tussen 30 en 50 jaar oud wat diens kon doen in die tent waar God gedien word, opgeskryf. Die getalle was soos volg: Kehat 2 750, Gerson 2 630 en Merari 3 200. Die groottotaal van al die mans tussen 30 en 50 was 8 580. |