Numbers 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die diens van die geslagte van die seuns van Merári, volgens hulle hele diens, in die tent van samekoms, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die werk wat die Merariete moet doen by die tabernakel. Itamar, die priester Aäron se seun, hou toesig oor hulle.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Mer ri, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans 1983 Dit is al die verpligtinge van die Merarigroep in verband met die tent van ontmoeting. Dit moet verrig word onder toesig van Itamar seun van die priester Aäron.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die taak van die familiegroepe uit die nageslag van Merari. Al hulle take by die Tent van Ontmoeting staan onder die beheer van Itamar, seun van die priester Aäron.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die werk van die Merari-familie met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Itamar seun van die priester Aäron moet kyk dat hulle die werk doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Merarigroep val onder die toesig van Aäron se seun Itamar.”