Numbers 4:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle toue, met al hulle gereedskap en met al hulle dienswerk;
Afrikaans (NLV) 2011 Die regop pale van die binnehof rondom die tabernakel met hulle voetstukke, die tentpenne, die toue en alles wat daarmee saam gebruik word, is hulle verantwoordelikheid. Jy moet vir elkeen afsonderlik sê wat hy moet versorg.
Afrikaans 1933/1953 en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne -- al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.
Afrikaans 1983 ook die style rondom die voorhof met hulle voetstukke, penne en toue, al die gereedskap en toebehore. Julle moet 'n lys name opstel van persone wat vir die dra van bepaalde voorwerpe verantwoordelik is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die pilare rondom die voorhof, die voetstukke, penne, toue en al die bypassende gereedskap, alles wat deel uitmaak van hulle taak. Julle moet vir hulle by die naam die voorwerpe wat hulle verplig is om te dra, aanwys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die pale van die oop stuk grond rondom die tempel-tent, en die voetstukke en die penne en toue, en alles wat daarby moet wees. Jy moet sê watter goed elkeen moet dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder moet hulle ook die hoekpale van die voorhof met hulle voetstukke, en ook al die penne, toue en ander toebehore dra. Maak ’n lys waarin sekere voorwerpe aan spesifieke persone toegeken word.