Numbers 4:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat die seuns van Merári betref, jy moet hulle tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Tel nou ook die Merarigroep volgens hulle familie- en stamgroepe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat aangaan die seuns van Mer ri -- die moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet ook die afstammelinge van Merari tel. Doen dit volgens afstamming en familie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wat die nageslag van Merari betref – volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, moet jy hulle inskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet die Merari-familie ook tel, jy moet opskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [29-30] “Tel al die Leviete tussen 30 en 50 jaar oud in die Merarigroep. Dit moet al hulle families insluit, almal wat kan werk in die tent waar Ek aanbid word. |