Numbers 4:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die dienswerk van die geslagte van die seuns van Gerson in die tent van samekoms: en hulle diens is onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is dan die werk wat die Gersoniete by die tabernakel moet doen. Hulle staan direk onder leiding van Itamar, die priester Aäron se seun.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans 1983 Dit is dan die ampspligte van die Gersongroep in verband met die tent van ontmoeting. Hulle werk staan onder toesig van Itamar seun van die priester Aäron.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die taak van die familiegroepe van die nageslag van Gerson by die Tent van Ontmoeting. Hulle verpligtinge staan onder die beheer van Itamar, seun van die priester Aäron.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die werk van die Gerson-familie by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Itamar seun van die priester Aäron moet kyk dat hulle die werk doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron se seun Itamar moet kyk dat hulle hulle werk doen.”