Numbers 4:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die aanstelling van Aäron en sy seuns moet die hele diens van die seuns van die Gersoniete wees, in al hulle laste en in al hulle diens;
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron en sy seuns sal vir die Gersoniete sê wat hulle moet doen, of dit nou drawerk of ander werk is. Hulle sal besluit wat elkeen moet dra.
Afrikaans 1933/1953 Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete -- alles wat hulle moet dra en hulle hele diens -- moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.
Afrikaans 1983 Al die ampspligte van die Gersongroep, alles wat hulle moet dra en doen, moet onder toesig van Aäron en sy seuns verrig word. Hulle moet toesien dat die Gersongroep al hulle opdragte uitvoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Volgens die bevele van Aäron en sy seuns moet elke taak van die nageslag van Gerson uitgevoer word. Dit geld vir al hulle drawerk en al hulle take. Julle moet vir hulle by die naam al hulle drawerk aanwys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet alles doen wat Aäron en sy seuns vir hulle sê. Hulle moet die goed dra en die werk doen wat hulle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron en sy seuns moet seker maak dat die Gersoniete al hierdie pligte nakom. Dit is hulle werk om te besluit wat die groep moet doen.