Numbers 4:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en die behangsels van die voorhof en die behangsel vir die ingang van die poort van die voorhof wat by die tabernakel en by die altaar rondom is, en hulle toue en al die gereedskap vir hulle diens en alles wat daarvoor gemaak is vir hulle: so sal hulle dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet ook die materiaal van die binnehof rondom die tabernakel en die altaar dra, asook die toue saam met alles wat daarvoor gebruik word. Die Gersoniete moet dit alles vervoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig. |
| Afrikaans 1983 | en die gordyn by die ingang van die voorhof, asook die gordyne van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, die toue en al die nodige gereedskap. Vir al hierdie dinge is hulle verantwoordelik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die voorhof se seildoeke wat rondom die tabernakel en die altaar is, en die afskorting by die ingang van die poort na die voorhof, asook die toue daarvan en al die voorwerpe wat deel uitmaak van hulle taak; ja, alles wat daarmee gedoen moet word, is hulle taak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die gordyne om die oop stuk grond, en die gordyn by die ingang van die poort van die oop stuk grond rondom die tempel-tent en die altaar, en die toue en al die ander goed wat daarby moet wees. Die Gerson-familie moet alles doen wat nodig is by die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | asook die gordyne by die ingang van die voorhof en dié wat rondom die tabernakel en die altaar gespan is. Hulle is ook verantwoordelik vir al die voorwerpe wat vir hierdie doel gebruik word, soos toue en penne. |