Numbers 4:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet die tentdoeke van die tabernakel en die tent van samekoms dra, sy deksel en die dekkleed van die dasvelle wat daarbo is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms,
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet die gordyne van die tabernakel dra, die tent en die velle wat bo-oor kom, die boonste laag van gebreide ramsvelle, en die gordyn wat by die deur van die tent kom.
Afrikaans 1933/1953 hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms
Afrikaans 1983 hulle moet die tentdoeke van die tabernakel, die tent van ontmoeting, dra, sy seil en die seil van gebreide vel wat daarbo-oor is, die gordyn by die ingang van die tent van ontmoeting
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet die tabernakel se tentdoeke en die Tent van Ontmoeting dra, die dekkleed en die dekkleed van sagte leer wat bo-oor kom, die gordyn by die ingang van die •Tent van Ontmoeting,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet die stukke materiaal van die tempel-tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en die seil en die vel-seil wat daaroor is, en die gordyn by die ingang van die tent,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sluit in die gordyne van die tabernakel, asook die tabernakel self met die binneseil en buiteseil van gebreide vel. Hulle moet ook die gordyne by die ingang van die tent waar Ek aanbid word, dra,