Numbers 4:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van dertig jaar oud en daarbo tot vyftig jaar oud moet jy hulle tel; almal wat ingaan om die diens te verrig, om die werk te doen in die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tel dié tussen 30 en 50 jaar wat geskik is om in die tabernakel te kom diens doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet almal tussen dertig en vyftig jaar tel wat vir diens geskik is en wat die werk in die tent van ontmoeting kan verrig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar oud. Skryf hulle in, elkeen wat ingaan om diens te doen om 'n taak te verrig in die Tent van Ontmoeting. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |