Numbers 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle mag nie ingaan om te sien wanneer die heilige dinge bedek is nie, sodat hulle nie sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle mag nooit op hulle eie na die heilige voorwerpe kom kyk nie, want dan sal hulle sterf.”
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle moet nie inkom om vir 'n oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.
Afrikaans 1983 Die Kehatiete mag selfs nie 'n oomblik na die heiligdom kom kyk nie, want dan sal hulle sterwe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle mag egter nie daar ingaan om, terwyl dit toegegooi word, na die heilige voorwerpe te kyk nie, anders sterf hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, die Kehatiete mag nie eens naby die tabernakel kom terwyl die priesters die voorwerpe gereedmaak nie. Al sou hulle net vir ’n oomblik daarna kyk, sal hulle doodgaan.”