Numbers 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar doen so met hulle, dat hulle kan lewe en nie sterwe as hulle tot die hoogheilige dinge nader nie: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle elkeen aanstel vir sy diens en vir sy las.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet sorg dat hulle nie sterf nie, maar bly lewe wanneer hulle die heel heiligste goed kom haal: Aäron en sy seuns moet saam met hulle kom en vir elkeen afsonderlik wys wat hy moet dra.
Afrikaans 1933/1953 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
Afrikaans 1983 Wanneer hulle kom om die gewyde voorwerpe te dra, moet Aäron en sy seuns vir hulle presies aandui wat elkeen van hulle moet doen en dra, sodat hulle kan bly lewe en nie met die dood gestraf word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is wat julle vir hulle moet doen, sodat hulle kan leef en nie sterf wanneer hulle die besonder heilige voorwerpe nader nie: Aäron en sy seuns moet in die tabernakel ingaan en hulle aanstel, elkeen oor sy taak en by sy drawerk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hulle kom om hierdie voorwerpe te dra, moet Aäron en sy seuns mooi vir hulle verduidelik wat om te doen sodat hulle nie dalk aan daardie voorwerpe raak nie.