Numbers 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sny die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moenie toelaat dat die Kehatiete uit die Leviete verdwyn nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Julle moet voorsorg tref dat die Kehatgroep van Levi nie met die dood gestraf word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Moenie toelaat dat die familiegroepe van die Kehat-tak van die Leviete afgesny word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [18-20] “Aäron en sy seuns moet kom en hulle moet vir elkeen van die Kehat-familie sê wat hy moet doen en wat hy moet dra. Die mense van die Kehat-familie moenie kyk na die hoog-gewyde dinge nie, hulle moet glad nie kyk nie. Want as een van hulle dit doen, dan sal hy sterf, en julle moenie dat die Kehat-familie sterf en ophou lewe tussen die Leviete nie. Julle moet dit vir hulle sê sodat hulle kan aanhou lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet seker maak dat die Kehatgroep van die Leviete nie doodgemaak word omdat hulle aan die voorwerpe geraak het wat opsy gesit is vir my diens nie. |