Numbers 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die amp van Eleasar, die seun van die priester Aäron, het die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die daaglikse spysoffer en die salfolie en die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is, in die heiligdom en in sy voorwerpe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Eleasar, die priester Aäron se seun, is verantwoordelik vir die olie van die kandelaar, die geurige wierook, die daaglikse graanoffer en die salfolie. Die hele tabernakel en alles wat daarin gebruik word, is Eleasar se verantwoordelikheid.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die toesig van Ele sar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap. |
| Afrikaans 1983 | “Eleasar seun van die priester Aäron moet toesig hou oor die olie vir die kandelaar, die geurige wierook, die gereelde graanoffer en die salfolie. Hy moet toesig hou oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, oor die heiligdom met sy gereedskap.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die olie vir die lig, die geurige reukwerk, die gereelde •graanoffer en die salfolie staan onder die beheer van Eleasar, seun van die priester Aäron. Hy hou ook toesig oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, oor sowel die heiligdom as sy gereedskap.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Eleasar seun van die priester Aäron, moet sorg dat daar olyf-olie vir die lampe is, en ook wierook, koring-offers vir elke dag, en salf-olie. Hy moet kyk dat almal reg werk in die tempel-tent en dat hulle die gereedskap reg gebruik.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Aäron se seun Eleasar is verantwoordelik vir die olie vir die kandelaar, die wierook, die graanoffer wat daagliks geoffer word en die olie waarmee alles gesalf word. Eintlik is hy verantwoordelik vir die hele tabernakel.” |