Numbers 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as Aäron en sy seuns klaar gemaak het om die heiligdom en al die voorwerpe van die heiligdom te bedek soos die laer moet optrek; daarna sal die seuns van Kehat kom om dit te dra; maar hulle mag aan niks heiligs aanraak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is die las van die seuns van Kehat in die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Aäron en sy seuns alles van die heiligdom en die dinge wat daarby hoort, klaar toegemaak het en die kamp opgebreek het, sal die Kehatiete kom om dit te dra. Hulle mag aan niks wat heilig is raak nie, anders sal hulle doodgaan. Dit is dan alles van die tabernakel wat die Kehatiete moet vervoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | “Net voor die kamp versit, moet Aäron en sy seuns eers die gewyde voorwerpe saam met hulle gereedskap toemaak, en dan moet die Kehatiete nader kom om dit te dra. Hulle mag nie aan die gewyde voorwerpe raak nie, want dan sal hulle sterwe. Hierdie voorwerpe van die tent van ontmoeting moet deur die Kehatiete gedra word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aäron en sy seuns moet die heiligdom en al die heilige voorwerpe toemaak wanneer die kamp verskuif. Eers daarna kan die nageslag van Kehat kom om dit te dra. Hulle mag nie aan iets heiligs raak nie, anders sterf hulle. Dit is dan die voorwerpe in die Tent van Ontmoeting wat die nageslag van Kehat moet dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die mense moet weggaan uit die kamp, dan moet Aäron en sy seuns eers die tempel-tent en al sy gereedskap toemaak. Wanneer hulle dit klaar gedoen het, dan kan die Kehat-familie dit kom dra. Hulle mag nie aan die gewyde dinge raak nie. As hulle dit doen, dan sal hulle sterf. Die Kehat-familie se werk is om die tent te dra waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer dit tyd is om die kamp te verskuif, moet Aäron en sy seuns eers al die voorwerpe wat gebruik word om die Here te dien behoorlik toemaak. Eers dan kan die Kehatiete dit kom dra na die volgende kamp toe. Hulle mag nie aan hierdie voorwerpe raak nie, anders sal hulle dadelik doodgaan. Dit is die Kehatgroep se taak wanneer die tent waar die Here aanbid word, verskuif moet word. |