Numbers 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet al sy voorwerpe waarmee hulle dien, daarop sit, die vuurpanne, die vleishoeke en die skoppe en die komme, al die voorwerpe van die altaar; en hulle moet 'n bedekking van dasvelle daaroor uitsprei en aan die draaghoute daarvan steek.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die gereedskap wat by die altaar gebruik word, die vuurpanne, die hake, die grafies en die aspanne, dit alles moet bo-op die doek neergesit word en dit weer met ’n vel gebreide leer toegemaak word. Dan moet sy drapale weer deurgesteek word.
Afrikaans 1933/1953 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar 'n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
Afrikaans 1983 Al die gereedskap wat hulle vir die diens by die altaar gebruik, moet hulle op die doek neersit: al die vuurpanne, vurke, skoppe en komme, kortom, al die altaargereedskap, en dit met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet al die gereedskap waarmee hulle by die altaar take verrig, daarop neersit: die vuurpanne, die vurke, die skoppies en offerbakke – al die gereedskap vir die altaar. Dan moet hulle 'n sagte leerbedekking daaroor gooi. Daarna moet hulle die draaghoute insteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet hulle al die gereedskap wat hulle by die altaar gebruik, daarop sit: die emmers, die vurke, die grawe en die bakke, al die gereedskap van die altaar, en hulle moet dit toemaak met 'n vel-seil. Dan moet hulle die altaar se dra-houte in die ringe sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet hulle al die gereedskap wat vir die diens by die altaar gebruik word, daarop neersit: die vuurpanne, hake, grawe en bakke. Daarna moet hulle dit met ’n seil van gebreide vel toedraai en die pale waarmee dit gedra word, insit.