Numbers 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet al die bedieningsinstrumente waarmee hulle in die heiligdom dien, neem en dit in 'n pers doek sit en dit toemaak met 'n bedekking van dasvelle en dit op 'n staf sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die ander gereedskap wat by die heiligdom gebruik word, moet dan in ’n blou doek toegedraai word. Dit word weer in ’n vel gebreide leer toegedraai. Dit word dan ook op ’n draagbaar gesit.
Afrikaans 1933/1953 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op 'n pers doek neerlê en met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
Afrikaans 1983 “Hulle moet al die gereedskap neem wat vir die diens in die heiligdom nodig is, en dit op 'n blou doek sit. Dan moet hulle dit met 'n seil van gebreide vel toemaak en so op die draagbaar neersit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet al die gereedskap neem waarmee hulle in die heiligdom take verrig, dit op 'n pers doek sit, met 'n kleed van sagte leer toemaak en op die draagbaar neerlê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet hulle al die gereedskap neem wat hulle in die tempel-tent gebruik en hulle moet dit in 'n blou lap sit en dit toemaak met 'n vel-seil en dit op dra-pale sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die res van die gereedskap wat in die heiligdom gebruik word, moet dan met ’n blou doek toegedraai word. Daarna moet dit met ’n seil van gebreide vel toegedraai en op die draagbaar neergesit word.