Numbers 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek uitsprei en dit toemaak met 'n bedekking van dasvelle en aan die draaghoute daarvan steek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Bo-oor die goue wierookaltaar moet hulle ’n blou doek gooi en dit weer met ’n stuk gebreide vel bo-oor toemaak. Hulle moet dan ook sy drapale weer deursteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet 'n blou doek oor die goue wierookaltaar gooi en dit dan met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek gooi en dit met 'n kleed van sagte leer toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet 'n blou lap oor die goue altaar gooi en hulle moet dit toemaak met 'n vel-seil. Dan moet hulle die altaar se dra-houte in die ringe sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet hulle ’n blou doek oor die goue wierookaltaar gooi en dit met ’n gebreide leerdoek toemaak, en die pale waarmee dit gedra word, insit. |