Numbers 36:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elke dogter wat 'n erfdeel in enige stam van die kinders van Israel besit, moet 'n vrou wees vir een van die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan geniet.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die dogters wat grond erf in een van die Israelitiese stamme, mag net binne haar eie stam trou. Die Israeliete moet die grond behou wat hulle gekry het.
Afrikaans 1933/1953 En elke dogter wat 'n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.
Afrikaans 1983 Elke dogter wat grond besit in een van die Israelitiese gebiede, moet met iemand uit haar pa se stam trou, sodat die familiegrond vir elke Israeliet behoue bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke dogter onder die Israelitiese stamme wat 'n erfdeel in besit neem, moet met iemand uit 'n familiegroep van haar vader se stam trou, sodat die Israeliete elkeen die erfdeel van sy voorouers kan besit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke dogter wat grond kry van een van die stamme van Israel, moet trou met iemand in 'n familie van die stam van haar voorvader, sodat elke Israeliet grond sal hê van die stam van sy voorvader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige dogter wat grond van haar pa erf, mag slegs met iemand uit haar eie stam trou. Op dié manier sal die stam se grond in die stam bly sonder dat een stam iets van ’n ander stam kan vat.