Numbers 36:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So mag die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam wegtrek nie, want elkeen van die kinders van Israel moet homself bewaar tot die erfdeel van die stam van sy vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die grond van die Israeliete mag nie van een stam na ’n ander verwissel nie. Elke stam van die Israeliete moet die grond behou wat hulle gekry het. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou. |
| Afrikaans 1983 | Geen grond van die Israeliete mag van die een stam op 'n ander oorgaan nie, want elke Israeliet moet vashou aan sy deel van die stam se grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die erfdeel van die Israeliete mag nie van een stam na 'n ander stam oorgaan nie, want die Israeliete moet elkeen aan die erfdeel van hulle voorvaderlike stam verbonde bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die Israeliete se grond nie gaan van een stam na 'n ander stam nie, want elke Israeliet sal die grond hou van die stam van sy voorvader. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die grond van een stam mag nie aan ’n ander stam oorgedra word nie. Dit bly die stam s’n vir altyd. |