Numbers 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selofhad beveel het deur te sê: Laat hulle trou met wie hulle goed dink; net aan die geslag van die stam van hulle vader mag hulle trou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat die saak van die dogters van Selofgad betref, bepaal die Here dat hulle vry is om met enigiemand te trou, mits dit uit dieselfde stam is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selofhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n geslag van die stam van hulle vader, |
| Afrikaans 1983 | Die Here het ten opsigte van Selofgad se dogters beveel dat hulle met enigiemand mag trou wat hulle goedvind solank hulle binne die stamverband trou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die uitspraak wat die Here oor die dogters van Selofgad gegee het, ‘Hulle mag die vroue word van mans wat goed is in hulle oë, maar hulle mag alleen die vroue word van mans in 'n familiegroep van hulle voorvaderlike stam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit is wat die Here oor Selofgad se dogters gesê het: Hulle mag trou met wie hulle wil, maar hulle moet net trou met iemand in die families van die stam van hulle voorvaders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom is hierdie my beslissing: die dogters van Selofgad is vry om te trou met wie hulle wil, solank die persoon in hulle eie stam is. |